Soek
 Afdeling:
 Soek :  
  Meer oor UV
- Tuis
- UV Feite
- Fakulteite
- Biblioteek
- Navorsing
- UV Qwaqwa Kampus
- UV Vista Kampus
- Samelewingsdiens
- Webblad-Uitleg
- Kontak Ons
  Studente-inligting
- Voornemende studente
- Huidige studente
- Akademiese Programme
- E-leer & WebCT
- Alumni
- Internasionale Studente
  Personeelinligting
  - Steundienste
- Personeelgids
- Personeel [Intranet]
- Vakante poste
- Kampuskaart
  Nuus
- Media
- Kamera op Kampus
- Nuusbriewe
- Nuusargief
- Kunstedagboek
- Skakels
 
Terug na Nuus Argief Boekmerk Druk

Kovsies oes pluimbal-medaljes

STUDENTE van die Universiteit van die Vrystaat het onder die pluimbal-medaljes gemaai tydens die vierde tweejaarlikse FASU-Spele (van die Afrika Universiteite Sportfederasie) wat tans in Pretoria plaasvind.  Ongeveer 2000 studente van sowat 22 lande neem aan die 11 aangewese sportsoorte deel: Atletiek, Basketbal, Judo, Karate, Netbal, Pluimbal, Skaak, Tafeltennis, Tennis, Voetbal en Vlugbal.  Dit maak dit die tweede grootste sportgebeurtenis van die kontinent naas die Afrika-spele.

Chris Dednam, die Kovsies se Olimpiese speler, het 'n driekuns van drie individuele goue medaljes verower.  Sy spanmaats, Raymond Ronne (een goud en twee silwer) en Liansa Coetzee (een goud en twee brons) het hom goed ondersteun en getoon dat die kontinent nie beter pluimbalspelers as die Kovsies het nie.  Van die Kovsies se sterkste spelers het boonop uit die spele onttrek omdat studente hulself moes finansier.

Die Suid-Afrikaanse (SASSU) pluimbalspan het ook met die goud in die spankompetisie weggestap.  Hulle het skoonskip gemaak met oorwinnings van 5-0 teen onderskeidelik Ghana, Uganda en Zambië se studente.

Uitslae van die eindrondes in die individuele pluimbalkampioenskap:
mans-enkelspel - Chris Dednam (SASSU) klop Raymond Ronne (SASSU) 21-8, 21-7;
Vroue-enkelspel - Kerry-Lee Harrington (SASSU) k Christina English (SASSU) 21-14, 15-21, 21-18; Mans-dubbelspel - Chris Dednam/Raymond Ronne (SASSU) k André van Schalkwyk/Benjamin Smith (SASSU) 21-8, 21-6; Vvroue-dubbelspel - Liansa Coetzee/Sarah Rice (SASSU) k Kerry-Lee Harrington/Christina English(SASSU) 21-19, 12-21, 22-20; Gemengde dubbelspel - Chris Dednam/Christina English (SASSU) k Raymond Ronne/Kerry-Lee Harrington (SASSU) 24-22, 21-11.

       Chris Dednam

Posbus 339, Bloemfontein, 9300 Suid-Afrika, Tel: +27(0)51-4019111, E-pos: Kontakadres
Kopiereg © 2002. Terme en voorwaardes, Privaatheidsbeleid. Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika.
Ontwikkel en bestuur deur Rekenaardienste
_____________________________________________________________________

University of the Free State: This message and its contents are subject to a disclaimer. 
Please refer to  http://www.uovs.ac.za/disclaimer  for full details. 

Universiteit van die Vrystaat: 
Hierdie boodskap en sy inhoud is aan 'n vrywaringsklousule onderhewig. 
Volledige besonderhede is by http://www.uovs.ac.za/vrywaring  beskikbaar. 
_____________________________________________________________________