ANNARI VILJOEN van die Hoėrskool Fichardtpark het die afgelope naweek in die
Vrystaatse geslote pluimbalkampioenskap by Fichardtpark-sportklub se bane 'n
driekuns behaal, terwyl haar broer Wiaan die nuwe mans-enkelspelkampioen is.
Annari het gewys dat sy tans in die vroue-enkelspel geen kompetisie in die
Vrystaat het nie. In die vroue-dubbelspel het sy saam met Liansa Coetzee en in
die gemengde dubbelspel saam met Chris Dednam die ander titels ook ingepalm.
Wiaan het verras deur beide Chris Dednam (eerste gekeur) en Roelf Dednam (tweede)
om die enkelspeltitel te klop. Hy het getoon dat sy onlangse twee maande lange
oefenkamp by die Internasionale Pluimbalfederasie se oefensentrum in Duitsland
hom nie net topfiks gemaak het nie, maar dat hy ook een of twee aanvallende houe
by sy arsenaal gevoeg het. Viljoen en Maritsa Strauss het in die gemengde
dubbelspel ook verras deur Johan Kleingeld en Liansa Coetzee uit te skakel.
Die Dednam-broers het die mans-dubbelspeltitel sonder veel teenstand verower,
skaars 'n dag na hul daglange lugreis vanaf Kaliforniė waar hulle aan die
wźreldkampioenskap deelgeneem het.
Die Vrystaatse keurders het na die toernooi die span bekend gemaak wat die
provinsie tydens die Melvillbekertoernooi in Oktober in Pretoria gaan
verteenwoordig:
Annari Viljoen (Fichardtpark), Liansa Coetzee (UV), Sonč Strauss (UV), Francis
Gray (Fichardtpark), Maritsa Strauss (UV); Chris Dednam (UV; kaptein), Roelof
Dednam (UV), Wiaan Viljoen (Fichardtpark), Kabous Marx (Weermag), Herbert Miles
(Weermag; bestuurder).
Uitslae van halfeind- en eindrondes van Vrystaatse geslote
pluimbalkampioenskap:
vroue-enkelspel: Annari Viljoen (Fichardtpark; 1) k Maritsa Strauss (UV) 11-3,
11-1; Sonč Strauss (UV; 2) k Liansa Coetzee (UV) 11-5, 11-9; Viljoen k Strauss
11-2, 11-2;
mans-enkelspel: Chris Dednam (UV; 1) k Johan Kleingeld (Weermag) 15-11, 15-8;
Wiaan Viljoen (Fichardtpark) k Roelof Dednam (UV; 2) 12-15, 15-9, 15-4; Viljoen
k Dednam 15-12, 3-15, 15-10;
vroue-dubbelspel: Annari Viljoen (Fichardtpark)/Liansa Coetzee (UV; 1) k Lizl
van Rensburg (UV)/Dorothy Bezuidenhout (Weermag) 15-5, 15-2; Maritsa en Sonč
Strauss (UV; 2) k Engela Dednam (Fichardtpark)/Gerda Thiebaut
(Ficksburg) 15-10, 15-3; Viljoen/Coetzee k Strauss/Strauss 15-12, 11-15, 15-5;
mans-dubbelspel: Chris en Roelof Dednam (UV; 1) k Abrie van der Merwe
(Fichardtpark)/Danie Schoonraad (Hertzogville) 15-2, 15-2; Johan
Kleingeld/Kabous Marx (Weermag; 2) k Wiaan Viljoen (Fichardtpark)/Raymond Ronne
(UV) 17-16, 15-13; Dednam/Dednam k Kleingeld/Marx 15-3, 15-13; gemengde
dubbelspel: Chris Dednam (UV)/Annari Viljoen (Fichardtpark; 1) k Herbert Miles
(Weermag)/Engela Dednam (Fichardtpark) 15-9, 15-8; Wiaan Viljoen
(Fichardtpark)/Maritsa Strauss (UV) k Johan Kleingeld (Weermag)/Liansa Coetzee
(UV; 2) 15-11, 15-6; Dednam/Viljoen k Viljoen/Strauss 15-12, 15-11.